Kook die melk (hou ′n paar eetlepelsvol melk eenkant). Wanneer dit kookpunt bereik, strooi die melkpoeier bo-op. Klits eiergele, suiker, sout, vanieljegeursel en die paar eetlepelsvol melk saam. Voeg dit stadig by die kookmelk en laat weer opborrel. Laat effens afkoel en voeg kondensmelk by. Klits eierwitte styf en voeg by. Vries. Roer ′n paar keer met ′n vurk om die mengsel glad te hou.