Panbraai die knoffel en brandrissie vir 1 minuut in olie in ′n swaar kastrol oor lae of medium hitte. Voeg die rys by en braairoer vir 1 minuut terwyl jy voortdurend roer. Voeg 4 koppies water en die sout by en bring tot kookpunt. Bedek en kook die rys op lae hitte totdat dit gaar is. Laat afkoel en meng dan die grondbone, sprietuie en suurlemoensap by. Voeg vars gemaalde swart peper na smaak by en dien by kamertemperatuur op.