4 K Melk (1 sakkie) Kook saam. ? Koppie Suiker. Meng 2 groot opgehoopte eetl meel met 2 Groot opgehoopte eetl maizena en melk. (Hou ′n bietjie van die melk terug om die mengsel mee aan te maak). Meng 5 eiergele met klein bietjie water en voeg by maizena-mengsel. Meng mengsel met melk en klits aanhoudend tot dik. Laat effens afkoel en voeg amandel- en vanieljegeursel by. Klits eierwitte styf en vou in. Skep op deeg, strooi kaneel bo-oor en bak vir 25 min by 180 grade C.